Die Wapenrusting van God Gee Hoop! back cover

About the book

Elke Christen bevind hom op ’n slagveld. Die wêreld waarin ons leef, is ’n plek waar geloof voortdurend uitgedaag word, waar sonde ons verlei, waar twyfel en vrees ons kan oorweldig en waar die Bose alles in sy vermoë doen om ons van Christus af weg te trek. Tog hoef die Christen nie hierdie stryd onvoorbereid aan te pak nie. God het ons toegerus. In Efesiërs 6:10–20 beskryf Paulus die geestelike wapenrusting wat God aan sy kinders gee: die gordel van waarheid, die borsharnas van geregtigheid, die skoene van die evangelie van vrede, die skild van geloof, die helm van verlossing en die swaard van die Gees. Paulus eindig met ’n oproep tot volhardende gebed. Hierdie beelde is egter meer as bloot ’n mooi illustrasie van die Christelike lewe. Hulle wys ons op die werklikheid van wat Christus reeds vir ons gedoen het en op die manier waarop die evangelie ons elke dag toerus om staande te bly. Hierdie boek neem jou stap vir stap deur die volle wapenrusting van God. Die doel is nie om jou bang te maak vir die geestelike stryd nie, maar om jou oë oop te maak vir die groot voorregte wat God reeds aan jou gegee het.
BUY THIS BOOK ON MOREBOOKS.SHOP

About the author

Paul de Bruyn

Paul de Bruyn

Dr. Paul de Bruyn is ’n gereformeerde predikant en teoloog met ’n besondere

passie vir die verkondiging van die evangelie en die toerusting van gelowiges om

hulle geloof in ’n uitdagende wêreld uit te leef.

Die Wapenrusting van God Gee Hoop! book cover

YES, I WANT TO ORDER THE BOOK NOW!

BUY THIS BOOK ON MOREBOOKS.SHOP